Onderwyser dood aangetref

Lees ook :

Foto: Missing Person South Africa

GAUTENG. – Linda Makhubo (34), ‘n onderwyser aan Hoërskool Tetelo in Soweto, is Maandag dood aangetref. Hy het glo op Woensdag, 4 Junie, ‘n saamrygeleentheiddiens bestel, waarna hy vir dae lank vermis was.

Steve Mabona, woordvoerder vir die onderwysdepartment in die provinsie, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits die onderwyser se tragiese dood word betreur. Die oorledene het Engels en isiZulu aan gr. 11- en gr. 12-leerlinge gegee. Sy familie is glo Maandag van sy dood ingelig. Die polisie ondersoek die omstandighede van die onderwyser se dood.

Mabona bevestig die department het sy psigo-sosiale ondersteuningseenheid na die skool ontplooi om berading aan leerlinge en opvoeders te bied.

Volgens die departement was die opvoeder nie net ’n onderwyser nie, maar ook ‘n baken van hoop wat jong verstande moes bemagtig en inspireer om hul potensiaal te bereik.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief