Onderwyser dood op skoolperseel aangetref

Lees ook :

Foto: ReaGazette

GAUTENG. – Mnr. Mahlaba, ‘n wiskunde-onderwyser van Hoërskool Bophelong in Vanderbijlpark, is Donderdag op die skoolperseel langs sy motor dood aangetref.

Steve Mabona, woordvoerder vir onderwys in die provinsie, sê die onderwyser het Donderdagoggend vir werk aangemeld. Hy het glo verby die hoof se kantoor gestap en hom gegroet. Met die personeelvergadering was hy nie teenwoordig nie. ‘n Personeellid het sy liggaam aangetref waar dit langs sy voertuig gelê het.

Nooddienste is ontbied en die onderwyser is dood verklaar. Die polisie ondersoek die voorval.

Sielkundige ondersteuning is aan die personeel en leerders wat deur die insident geraak word, verskaf.

Die LUR, Matome Chiloane, het medelye met die skoolgemeenskap en die oorledene se familie uitgespreek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief