Onderwyser oorlede – gehang op sportgrond gevind

Lees ook :

Foto: Hyde Park High School

GAUTENG. – ‘n Graad 12- onderwyser van Hoërskool Hyde Park in Johannesburg is vanoggend dood op die skool se perseel aangetref.

Volgens Steve Mabona, die woordvoerder van Gauteng-onderwysdepartement, is die onderwyser se liggaam gevind waar hy Woensdagoggend op die sportgrond gehang het.

Paramedici het hom op die toneel dood verklaar.

Mabona sê die polisie is besig om die voorval te ondersoek. LUR Matome Chiloane het medelye na die afsterwe van die onderwyser uitgespreek. Die skool word sielkundig deur die departement ondersteun.

“We are grateful to the South African Depression and Anxiety Group (SADAG) for also availing their services for additional support at the school.”

“We are deeply disheartened by these tragic incidents and wish to extend our most sincerest condolences to the families of the departed, as well as their respective school communities,” het die LUR gesê.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App