MPUMALANGA. – ‘n Onderwyser (41) het glo Sondag ‘n meisie (14) in Kanyamazane by sy huis verkrag.
Kol. Donald Mdhluli sê die meisie het haar ma van die beweerde verkragting vertel, waarna ‘n saak oopgemaak is. Die verdagte is nog dieselfde dag in hegtenis geneem. Hy het Dinsdag in die Kanyamazane-landdroshof verskyn, waarna die saak tot Vrydag uitgestel is. Die verdagte bly in aanhouding.
Ekstra klasse is deur die ma en die onderwyser by sy huis gereël, waar die verkagting glo plaasgevind het. Die meisie en verdagte is aan dieselfde hoërskool verbonde.
Kanyamazane-GKS ondersoek die saak.





