Onderwyser vir ‘verkragting’ van leerling gearresteer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Onderwyser (58) is Maandag vir die beweerde verkragting van ‘n leerling (13) in die Capricorn-distrik gearresteer.

Brig. Hlulani Mashaba sê die inhegtenisneming is gemaak nadat lt.genl. Thebi Hadebe opdrag gegee het dat die verdagte gesoek en gearresteer moet word. Met ‘n behoorlike ondersoek deur die GKS-eenheid is bevind die meisie is ba bewering sedert November 2024 tot op hede verskeie kere verkrag.

Die onderwyser sal na verwagting Woensdag op ‘n aanklag van verkragting in die Mankweng-landdroshof voorkom. Hadebe het die inhegtenisneming verwelkom.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief