Onderwyseres in hegtenis in verband met mensehandel en prostitusie

Lees ook :

Foto: Valke

OOS-KAAP. – ’n Onderwysers (52) is Woensdag deur die Valke vir beweerde mensehandel en prostitusie, wat jong vroue uit die voormalige Transkei betrek, in hegtenis geneem.

AO Ndiphiwe Mhlakuvana, Valke-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die ondersoek het in September 2023 begin. Dit het onthul dat die onderwyseres glo vroue van Qumbu, Mthatha en Ngqeleni in diens geneem het. Die slagoffers is na bewering na Oos-Londen geneem, by haar woning gehuisves en onder druk geplaas om aan prostitusie deel te neem. Volgens die ondersoek het die slagoffers seksuele dienste aan kliënte gelewer en het die onderwyseres na bewering geld verdien deur akkommodasiefooie van R250 tot R300 per nag te hef. Sy het die geld persoonlik ontvang of die slagoffers aangewys om dit na haar bankrekening oor te plaas.

‘n Arrestasiebevel is uitgereik waarna die onderwyweres by haar werksplek in hegtenis geneem is. Sy staan op aanklagte van mensehandel, seksuele uitbuiting en die bedryf van ’n onwettige bordeel tereg. Sy sal na verwagting vandag (Donderdag 16 Oktober) in die Oos-Londen-landdroshof voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief