Onderwyseres vermoor – vier verdagtes vinnig aangekeer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Baleka Ntutuka (52), ‘n onderwyseres, is Maandagmiddag omsreeks 16:30 in haar huis in Ziphunzana in Lobode in die nek gesteek, waarna sy gesterf het. Vier verdagtes, tussen die ouderdom van 26 en 34 jaar oud, is in hegtenis geneem.

Volgens kapt. Welile Matyolo is ‘n verdagte die volgende oggend vroeg in Canzibe in die Ngqeleni-polisiëringsarea waar hy woon in hegtenis geneem. Hy het glo aluminiumvensters van die slagoffer se woning gesteel en met haar voertuig gevlug. Die voertuig se opsporingstelsel het die polisie na hom gelei.

Matyolo sê nog drie verdagtes is in Mthatha Mandelapark en Qumbu in hegtenis geneem. Hier is die slagoffer se selfoon en gesteelde vensters opgespoor.

Die vier verdagtes het na bewering opknappings aan die huis van die slagoffer gemaak. Hulle sal binnekort op aanklagte van moord en huisroof in die Libode-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief