Onderwyseres wreed aangeval

Lees ook :

Hierdie berig bevat foto’s wat sensitiewe lesers kan ontstel.

‘n Onderwyseres van Kuruman is Sondag omstreeks 15:00 in haar huis deur ‘n onbekende man aangeval.

Volgens haar seun , Nardus Cloete, is sy ma, Elmarie Cloete (58), erg getraumatiseer en sal sy vir sielkundige berading gaan.

Elmarie het die man by die agterdeur betrap waarna hy haar toe aangeval het. Die aanvaller het ‘n mes uit die Cloete-egpaar se huis gegryp en haar na die buitekamer gesleep. ‘n Erge gestoei het ontstaan en sy het snywonde aan haar nek en arms opgedoen.

Elmarie kon uit die kloue van die aanvaller ontsnap waarna sy haar man, Leonard Cloete (59), wat ten tye van die voorval geslaap het omdat hy die vorige aand nagskof gewerk het, met ‘n bebloede gesig wakker gemaak het.

Kapt. Olebogeng Tawana, ‘n polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ‘n klag van huisbraak.

Die aanvaller is steeds op soek.

Enigiemand met inligting kan kapt. Victor Mabena by 063 691 1089 kontak.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief