Onderwyseresse glo op pad skool toe gekaap

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Twee onderwyseresse is glo vanoggend (Donderdag) op pad skool toe in Cottonlands deur gewapende verdagtes gekaap.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê in ‘n sosialemediaplasing gewapende verdagtes in ’n silwer Toyota Yaris het die onderwyseresse se wit VW Polo TSI tot stilstand gedwing, hulle gedreig en met albei in die voertuig weggery.

Rusa-beamptes het ‘n soektog na die slagoffers geloods en later verneem dat die vroue in Emona afgelaai is waar hulle deur ’n verbyganger gehelp en na die Tongaat-polisiestasie geneem is.

Enigiemand met relevante inligting word gevra om die polisie of Rusa by 086 1234 333 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief