Onderwyspersoneel gewaarsku, nadat meisie ‘lyfstraf’ kry

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Die onderwysdepartement in die provinsie het onderwysers gewaarsku, nadat ‘n meisieleerling van Laerskool Soul, in Umzinto, suid van Durban, glo aan lyfstraf onderwerp is.

Die onderwysdepartment in die provinsie is geskok nadat hulle van die insident uitgevind het, wat op ‘n Facebookblad gedeel is. ‘n Ondersoek is geloods. Volgens East Coast Radio (ECR) het die leerling beserings aan haar oog opgedoen.

Die departement sê in ‘n verklaring die Bela-wet verhoed lyfstraf in SA-skole. Volgens die wet is enige opsetlike daad wat pyn of ongemak aan ‘n kind veroorsaak, lyfstraf. Die Bela-wet verbied ook straf, wat nie fisies van aard is nie, maar ‘n kind se waardigheid ondermyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief