Onderwyspersoneel gewaarsku, nadat meisie ‘lyfstraf’ kry

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Die onderwysdepartement in die provinsie het onderwysers gewaarsku, nadat ‘n meisieleerling van Laerskool Soul, in Umzinto, suid van Durban, glo aan lyfstraf onderwerp is.

Die onderwysdepartment in die provinsie is geskok nadat hulle van die insident uitgevind het, wat op ‘n Facebookblad gedeel is. ‘n Ondersoek is geloods. Volgens East Coast Radio (ECR) het die leerling beserings aan haar oog opgedoen.

Die departement sê in ‘n verklaring die Bela-wet verhoed lyfstraf in SA-skole. Volgens die wet is enige opsetlike daad wat pyn of ongemak aan ‘n kind veroorsaak, lyfstraf. Die Bela-wet verbied ook straf, wat nie fisies van aard is nie, maar ‘n kind se waardigheid ondermyn.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief