Ongedokumenteerde buitelandse kinders sal in skole toegelaat word

Lees ook :

Ongedokumenteerde buitelandse kinders sal in skole toegelaat word fotokrediet: Canva

Lees ook: Hof beslis oor matriekuitslae

Daar sal nie van kinders van ongedokumenteerde buitelandse burgers vereis word om enige vorm van identifikasie te voorsien voor hulle by enige skool in Suid-Afrika kan registreer nie.

Die departement van basiese onderwys het owerhede in kennis gestel dat ongedokumenteerde ouers en voogde toegelaat sal word om vanjaar hulle kinders by skole in te skryf, selfs al het hulle nie die nodige dokumente nie. Ongedokumenteerde buitelandse kinders sal ook toegelaat word om die matriekeksamen te skryf.

Die aankondiging volg na klagtes van organisasies dat leerlinge toegang tot skole geweier is omdat hulle nie ‘n identiteitsdokument of geboortesertifikaat kon toon nie.

Bronne: IOL, MDN News

Lees ook: Hof beslis oor matriekuitslae

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief