Ongeluk eis 10

Lees ook :

Foto: Moeti Mmusi Mpumalanga departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling

MPUMALANGA. – Altesaam 10 persone, waarvan agt in ‘n minibustaxi en twee in ‘n bus, het vanoggend omstreeks 01:00 in ‘n ongeluk op die R42 naby Delmas gesterf.

Moeti Mmusi, die woordvoerder van die provinsie se departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, sê buiten diegene wat gesterf het, het 24 insittendes ernstige beserings opgedoen. Die oorledenes is op die toneel dood verklaar, terwyl die beseerdes na nabygeleë hospitale vervoer is.

Volgens inligting het die minibustaxi met ‘n sleepwa na Emalahleni gereis en die bus was onderweg na Bronkhorstspruit toe die twee voertuie gebots het. Die oorsaak van die ongeluk is onbekend.

Jackie Macie, die LUR vir die departement, het skok oor die gru-ongeluk uitgespreek.

“Dit is hartseer om te sien dat so baie mense hul lewens op die pad verloor. Ons doen ‘n beroep op groter versigtigheid van bestuurders om hierdie tragedies te vermy.”

Macie het medelye teenoor die families van die oorledenes uitgespreek en beterskap vir die beseerdes toegewens.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief