Ongeluk eis ses lewens

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Ses mense het Vrydagaand in ‘n trompop-botsing tussen ‘n BMW en VW sedan op die R23 tussen Greylingstad en Val gesterf. Elke voertuig het drie insittendes gehad – ’n bestuurder en twee passasiers – en almal is op die toneel dood verklaar. Vyf van die slagoffers was mans en een ‘n vrou, wat in die VW gery het.

Moeti Mmusi, woordvoerder vir die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits die oorsaak van die ongeluk is nog nie bevestig nie. Volgens ’n situasionele ontleding van die toneel word vermoed dat oortredings van padreëls, oormatige spoed en gevaarlike verbysteek moontlike faktore was. ’n Ondersoek na die ongeluk is reeds Vrydagnag begin. Die R23 is weens die hoë aantal noodlottige ongelukke wat in vorige vakansieseisoene op dié pad plaasgevind het een van die provinsie se prioriteitsroetes .

Jackie Macie, die LUR vir die departement, het motoriste weereens gemaan om voortdurend waaksaam te wees wanneer hulle bestuur.

“Elke bestuurder het ’n verantwoordelikheid om die reëls na te kom. Roekelose bestuursgedrag, oormatige spoed en gevaarlike verbysteek bly van die hoofoorsake van noodlottige ongelukke, veral snags. Dit is daarom elke bestuurder se plig om uiters waaksaam te wees wanneer hulle op die pad gaan,” sê Macie.

Die LUR het ook medelye betuig met die nabestaandes van die slagoffers.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief