Ongeluk eis verskeie lewens

Lees ook :

KWAZULU-NATAL. – ‘n Ongeluk waarin vier voertuie Saterdagaand op die R61 naby Port Edward betrokke was, het verskeie insittendes hul lewens gekos.

Craig Botha van KwaZulu Private Ambulance Service sê die diens is na die ongelukstoneel. Paramedici het ‘n persoon wat kritiek beseer is saam met nog vier ernstig beseerde insittendes gestabiliseer en vir verdere mediese sorg na nabygeleë hospitale vervoer.

Volgens Botha het drie insittendes gesterf voordat die diens die toneel kon bereik.

Med-Evac Ambulance-dienste sê vier persone het in die ongeluk gesterf, terwyl drie ernstig beseer is.

Foto’s: Med-Evac Ambulance

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief