KWAZULU-NATAL. – ‘n Ongeluk waarin vier voertuie Saterdagaand op die R61 naby Port Edward betrokke was, het verskeie insittendes hul lewens gekos.
Craig Botha van KwaZulu Private Ambulance Service sê die diens is na die ongelukstoneel. Paramedici het ‘n persoon wat kritiek beseer is saam met nog vier ernstig beseerde insittendes gestabiliseer en vir verdere mediese sorg na nabygeleë hospitale vervoer.
Volgens Botha het drie insittendes gesterf voordat die diens die toneel kon bereik.
Med-Evac Ambulance-dienste sê vier persone het in die ongeluk gesterf, terwyl drie ernstig beseer is.



Foto’s: Med-Evac Ambulance