KWAZULU-NATAL. – Die vlieënier van ‘n mikroligte vliegtuig het vanoggend ‘n ongeluk oorleef toe dit suid van die Groutville-vliegveld neergestort het.
Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue en IPSS Search and Rescue sê dié diens is na die toneel toe hulle oproepe van verbygaande motoriste, wat gesien het hoe die vliegtuig val, ontvang het. Suikerrietlande is deursoek totdat die vlieënier met die tuig gevind is. Die vlieënier is op die toneel deur gevorderde lewensondersteunende paramedici gestabiliseer en daarna vir verdere sorg na ‘n geskikte fasiliteit vervoer.
Alle relevante owerhede is in kennis gestel.






