Ongeluk op kruising eis een

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man het gisteraand gesterf en nog vier persone is beseer toe twee voertuie in ‘n kruising op die Umgeni- en Quarrypad in Durban in ‘n ongeluk betrokke was.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê paramedici het net na 19:30 op die ongelukstoneel aangekom en is met chaos begroet. Dit blyk asof die een voertuig die ander op die kant getref het, voordat een beheer verloor, gerol en op sy dak te lande gekom het.

Met triage is vasgestel die bakkie het vyf insittendes gehad en die ander voertuig slegs die bestuurder. ‘n Insittende van die bakkie, vermoedelik in sy 40’s, is op die toneel dood verklaar. Vier ander insittendes van die bakkie is op die toneel gestabiliseer en daarna vir verdere mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer.

Die bestuurder van die ander voertuig het slegs ligte beserings opgedoen.

Omstandighede van die ongeluk word deur die polisie, wat op die toneel teenwoordig was, ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief