Ongeveer 230 poste geraak deur beoogde sluiting van BATSA-vervaardigingsaanleg

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – British American Tobacco Suid-Afrika (BATSA) het Donderdag aangekondig hulle vervaardigingsaanleg in Heidelberg in Gauteng gaan einde 2026 sluit. Die plaaslike produksie van fabriekvervaardigde sigarette gaan gestaak word weens die groeiende onwettige sigarethandel wat volgens die maatskappy die wettige mark ondermyn. BATSA sê die sluiting kan ongeveer 230 poste raak.

Die maatskappy sê in ‘n verklaring ongeveer 75% van die Suid-Afrikaanse sigaretmark word tans deur onwettige produkte beset, wat plaaslike vervaardiging onvolhoubaar gemaak het. Volgens BATSA werk die aanleg tans teen sowat 35% kapasiteit as gevolg van volumedalings wat direk aan die onwettige handel toegeskryf word. “Met bykans 75% van die Suid-Afrikaanse sigaretmark wat na raming onwettig is, het voortgesette plaaslike produksie onlewensvatbaar geword,” sê Johnny Moloto, hoof van korporatiewe en regulatoriese sake by BAT Sub-Sahara Afrika.

Die maatskappy sal volgens die verklaring oorskakel van ’n plaaslike vervaardigingsmodel na ’n invoergebaseerde voorsieningsmodel om steeds verbruikers in Suid-Afrika te bedien.

Die maatskappy het bevestig dat ’n formele konsultasieproses met geraakte werknemers en vakbonde ingevolge Artikel 189A van die Wet op Arbeidsverhoudinge begin is en dat die proses na verwagting teen einde Maart 2026 afgehandel sal wees, met die finale sluiting van die aanleg teen die einde van 2026.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief