Ongeveer 30 verdagtes blaas vyf OTM’e in sentrum op

Lees ook :

Foto: Yusuf Abramjee

GAUTENG. – Die polisie het ‘n grootskaalse soektog geloods nadat ongeveer 30 mans Sondagoggend vroeg op ‘n winkelsentrum in Hammanskraal toegeslaan en vyf OTM’e opgeblaas het.

Lt.kol. Mavela Masondo sê volgens rapportering is ‘n veiligheidswag op patrollie deur die verdagtes in ‘n bakkie oorrompel en van sy vuurwapen beroof. Die verdagtes is die winkelsentrum in en het ‘n tweede veiligheidswag van sy selfoon beroof. Vyf outomatiese tellermasjiene is daarna deur die verdagtes opgeblaas, waarna hulle ook by ‘n winkel ingebreek en die valkluis opgeblaas het.

Masondo sê die vlugtende verdagtes het hulle in polisielede vasgeloop en ‘n skietery het uitgebreek waartydens ‘n veiligheidswag gewond is. Hy is vir mediese hulp na die naaste fasiliteit geneem.

Nog geen arrestasies is in die sake van poging tot moord en opblaas van OTM’e gemaak nie en daar kan tans ook nie bevestig word hoeveel geld gebuit is nie.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief