Ongeveer R1 m. sigarette en tabakprodukte gekonfiskeer

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Die polisie in Springok het Vrydag omstreeks 11:00 op tabakprodukte van ongeveer R1 m. in ‘n Bangladeshi-winkel beslag gelê nadat vyf winkels in Bergsig, Carolusberg en Okiep op Springbok besoek is.

Lt.kol. Sergio Kock sê die Springbok-honde-eenheid, grenspolisiëring, die departement van binnelandse sake en die Suid-Afrikaanse inkomste-diens doeane het die winkels besoek nadat inligting van beweerde onwettige sigarette ontvang is.

Die gesamentlike span het op 217 kartonne sigarette en ‘n groot hoeveelheid tabak met ‘n geraamde straatwaarde van ongeveer R1 m. beslag gelê.

Die eienaars is met ‘n sewe dag kennisgewing bedien om met die oorspronklike dokumentasie vir aankoop van die items na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief