Onhigiëniese ‘worsfabriek’ ‘n misdaadtoneel verklaar

Lees ook :

Foto: Alderman JP Smith

Meer foto’s in berig.

WES-KAAP. – Owerhede het Woensdag op ‘n ongelisensieerde fabriek waar wors gemaak word in die Mfuleni-gebied toegeslaan. Vyf persone is in aanhouding en die perseel is as ‘n misdaadtoneel verklaar.

Alderman JP Smith, Kaapstad-metro se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sê verskeie rolspelers het die perseel Woensdag besoek nadat ‘n wenk ontvang is. Dit sluit die polisie se smisdaadintelligensie, stadsamptenare van Stad Kaapstad, City Health-personeel en die City Strategic Information Management Service in.

“Hulle het ontdek dat wors in onhigiëniese toestande verwerk en verpak word.”

Die onhigiëniese perseel waar die wors gemaak, verpak en verkoop word, hou ‘n beduidende gesondheidsrisiko vir verbruikers in. Boonop sê Smith daar word vermoed die eienaar en sy vier werkers is onwettig in die land. Hulle word aangehou.

“Die perseel is as ‘n misdaadtoneel verklaar en forensiese deskundiges is besig om die inhoud te verwerk en kosmonsters vir verdere toetsing te konfiskeer.”

Smith sê voorts die operasie beklemtoon die belangrikheid van voedselveiligheid en die behoefte aan streng regulasies om ongelisensieerde en onhigiëniese voedselveraardigingsbedrywighede te voorkom.

“Die Stad Kaapstad en SAPD toon toegewydheid om misdaad aan te spreek en openbare veiligheid in die Wes-Kaap te verseker.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief