‘Ons wou hom eintlik nie terughê nie’ spot Rassie Erasmus oor Siya Kolisi

Lees ook :

‘Ons wou hom eintlik nie terug hê nie’ spot Rassie Erasmus oor Siya Kolisi
‘Ons wou hom eintlik nie terug hê nie’ spot Rassie Erasmus oor Siya Kolisi fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Rachel Kolisi en kinders weer terug in SA

Die Springbokafrigter Rassie Erasmus het gesê hy is opgewonde oor Siya Kolisi se moontlike terugkeer na die Sharks.

Kolisi is besig om te onderhandel vir ’n vroeë vrystelling van sy kontrak by die Franse rugbyklub Racing 92 wat tot 2026 sou strek. Die Sharks is glo besig om te onderhandel om Kolisi in hulle span te kry.

Erasmus, wat voorheen gesê het hy verkies dat Kolisi in Suid-Afrika is, het gespot: “Ons wou hom nie eintlik terughê nie, maar sy agent het aanhou karring en karring”.

Hy het gesê: “Toe ons hoor hy wil terugkom, dis ’n besluit van die Sharks, ons het dit ondersteun toe hulle ons gevra het. Ons ondersteun dit 100%”.

Erasmus het gesê die Sharks sal dit amptelik aankondig en hulle is gelukkig met die besluit.

Bronne: The Citizen, Planet Rugby, SA Rugby Magazine

Lees ook: Rachel Kolisi en kinders weer terug in SA

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief