Ontbinde liggame van mense en diere in huis ontdek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Die ontbinde liggame van twee mans, ‘n vrou en twee honde, is op 17 April omstreeks 15:00 in ‘n huis in Suikerbosstraat, Golf Park, Meyerton, ontdek.

Konst. Tlaleng Moloi sê die publiek het die polisie van die huis, wat deur vlieë omring is, laat weet. Meyerton-polisielede was op die toneel waar vlieë oral op die vensters en om die huis was. Ontbinde liggame is in die huis ontdek.

Die oorsaak van die sterftes word ondersoek. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen.

Enigiemand met inligting van die voorval word versoek om AO Kekana by 073 780 9154 te kontak.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief