Ontploffing eis lewe van 22-jarige man

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

NOORDWES. – Die polisie ondersoek ’n noodlottige ontploffing waartydens ‘n 22-jarige man Saterdag­aand in Promosa naby Ikageng in Potchefstroom dood is.

Luidens ‘n verklaring van polisiewoordvoerder, konst. Thuto Bobelo, sê ‘n ooggetuie die man was besig om met ‘n elektriese slypmasjien metaal in sy erf te sny, toe ’n ontploffing plaasgevind het. Die man het met veelvuldige oop wonde op die grond gelê en nie gereageer nie. Hy is na die Promosa-kliniek geneem waar hy met aankoms dood verklaar is.

Deskudiges van die polisie se springstofeenheid was ten tyde van die onersoek op die toneel teenwoordig. Skrapnel, wat met 'n neusontsteker van 'n ploftoestel (nose fuse of an explosive ordnance disposal (EOD) device) ooreenstem, is gevind.   

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief