Ontplooiing van weermag by Eskom en polisie kos meer as R553 m.

Lees ook :

Ontplooiing van weermag by Eskom en polisie kos meer as R553 miljoen
Ontplooiing van weermag by Eskom en polisie kos meer as R553 miljoen fotokrediet: Canva

Lees ook: DRK-weermag keer poging tot staatsgreep

President Cyril Ramaphosa het die week aangekondig die ontplooiing van die weermag by Eskom se kragstasies en hulp aan die polisie teen onwettige mynbedrywighede gaan verleng word.

Die verlenging van die ontplooiing van meer as 3 000 weermagtroepe kos meer as R553 miljoen.

Ramaphosa het dié verlenging van die ontplooiing van 746 weermaglede by Eskom in twee briewe op 15 Mei aan die parlement bekendgemaak. Die weermagtroep sal tot 31 Maart 2025 by Eskom aangewend word. Die koste daarvan is R203.9 m.

In die tweede brief het die president aangekondig die 2 300 weermaglede wat die polisie in die bekamping van onwettige mynbedrywighede help, sal nou tot 31 Oktober ontplooi wees. Die koste daarvan beloop R349.9 m.

Bronne: IOL, BusinessLIVE, African Insider

Lees ook: DRK-weermag keer poging tot staatsgreep

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief