Lees ook: Vrou red suster deur krokodil op die snoet te slaan
FRANKRYK. – Twee gevangenisbeamptes is oorlede na ‘n aanval op ‘n voertuig wat gevangenes vervoer het.
Vier gewapende mans het glo ‘n tronkkonvooi voorgelê om gevangenes te bevry. Hulle het die gevangenisvoertuig en polisievoertuie aangeval en twee beamptes doodgeskiet. Nog drie is beseer.
Een van die gevangenes wat ontsnap het, is ‘n berugte dwelmhandelaar wat glo ook moord probeer pleeg het. Hy was nou in die tronk vir inbraak en was in die konvooi om na ‘n ander tronk geskuif te word.
Een van die twee voertuie wat in die ontsnapping gebruik is, is verlate en verbrand gekry. Die polisie is op soek na die gevangene, Mohamed A, en sy medepligtiges.
Bronne: BBC, The Sun, The Telegraph
Lees ook: Vrou red suster deur krokodil op die snoet te slaan





