Ontsnapte van Mosambiek-tronk in Sandton gearresteer

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Nelson Simiao Massango, een van meer as 1 500 gevangenes wat tydens die Desember 2024-oproer uit die Maputo- maksimum gevangenis ontsnap het, is Woensdag deur die polisie in Sandton in hegtenis geneem.

Brig. Athlenda Mathe sê Massango het tydens sy ontsnapping ‘n 20 jaar vonnis vir ‘n moord in 2015 uitgedien. Hy is by ‘n motorhandelaar gearresteer en word moontlik aan verskeie sake van diefstal van motorvoertuie in Gauteng gekoppel. Hy sou na bewering 4×4-bakkies huur en dan na Mosambiek smokkel om dit daar te verkoop. Die SAPD se grenspolisiëring-hoëdigtheidspan werk volgens Mathe om diegene wat Suid-Africa binnegekom het, op te spoor. Interpol se Nasionale Sentrale Buro (NCB) in Pretoria het Interpol NCB in Maputo in die jongste verwikkelinge betrek.

Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris, het die polisiespan vir die arrestasie geprys en gesê dit is ‘n waarskuwing vir misdadigers wat in Suid-Afrika wegkruip.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief