GQEBERHA. – Die Amerikaanse sendeling-pastoor wat verlede Donderdag tydens ’n kerkdiens ontvoer is, is gered en drie verdagtes doodgeskiet.
Lees ook: Losprys glo gevra vir ontvoerde pastoor
‘n Span van die Valke het Josh Sullivan gister (Dinsdag) by ’n huis in KwaMagxacki, Gqeberha gevind.
Die span het ’n voertuig by die huis gesien en die huis genader. Die verdagtes het met die voertuig probeer en op die span geskiet. Die polisielede het teruggeskiet en drie verdagtes noodlottig gewond.
Sullivan is in dieselfde voertuig gevind waarin die verdagtes was, maar is nie beseer nie.
Bron: SAPD
Lees ook: Losprys glo gevra vir ontvoerde pastoor