‘Ontvoerde’ niggie en neef teruggevind, verdagtes in aanhouding

Lees ook :

Foto: Op lêer

Lees ook hier.

NOORDWES. – Zahraa Mohammed (17) en Bataviya Mohammed (19), die niggie en neef wat glo op 6 Maart ontvoer is, is Maandagaand veilig met hulle families herenig. Altesaam sewe verdagtes is in hegtenis geneem.

Brig. Sabata Mokgwabone sê die ontvoerdes is in ‘n huis in New Stands noord van Pretoria gevind. Ses verdagtes is in hegtenis geneem.

Humphrey Martin, nog ‘n verdagte, is op 8 Maart by Naturena in Johannesburg in hegtenis geneem en het reeds drie maal in die Brits-landdroshof verskyn. Sy saak is vir ‘n formele borgaansoek tot 8 April uitgestel terwyl hy in aanhouding bly.

Beide niggie en neef is deur paramedici by Klipgat-polisiestasie ondersoek. Alhoewel hulle geen sigbare beserings opgedoen het nie, was die twee moeg en getraumatiseerd.

Mokgwabone sê die verdagtes het die oggend die slagoffers se voertuig reg van voor met ‘n maroenkleurige Audi A3, wat in Maart in Garsfontein gesteel is, gestamp om hulle tot stilstand te dwing. Daarna is hulle in ‘n wit VW Polo GTI ingedwing. Die bestuurder van die Audi het in ‘n Toyota Hilux geklim wat na bewering deur Martin bestuur is. Daar is van die toneel gevlug. Martin se Mercedes-Benz en die Audi is agtergelaat.

Die ses verdagtes sal soos Martin op twee aanklagte van ontvoering en afpersing in die Brits-landdroshof verskyn.

Lt.genl. Sello Kwena het die ondersoekspan van verskeie polisie-eenhede geprys wat onverpoos gewerk het om die niggie en neef te vind.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief