‘Ontvoerde’ sakeman steeds gesoek

Lees ook :

Foto: SAPD

OOS-KAAP. – Neal Ah-Tow (58) is steeds soek sedert hy glo Vrydagoggend omstreeks 07:15 buite sy viswinkel in Crichtonstraat in Sidwell ontvoer is.

Volgens kol. Priscilla Naidu het vyf gewapende mans hom in ‘n silwerkleurige Chev Cruz geboender en met hom weggejaag toe hy sy winkel wou oopmaak.

Ah-Tow is steeds vermis. Sy ontvoering word deur die polisie ondersoek.

Enigiemand met inligting oor waar hy hom bevind, word versoek om speur.AO Errol Kleinhans van Algoa Park-polisiestasie by 083 243 4567 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief