WES-KAAP. – ‘n Meisie (16) is glo op 24 Desember uit ‘n huis in Da Gamaskop in Mosselbaai ontvoer. Die meisie is intussen gered en met haar familie herenig.
Sers. Christopher Spies sê die polisie is op die betrokke aand omstreeks 23:00 van die beweerde ontvoering ingelig, waarna ‘n wit Isuzu-bakkie met vier insittendes op Kersdag onderweg na Kaapstad op die N2 by die ingang van Caledon opgemerk en voorgekeer is. Drie verdagtes is in hegtenis geneem en het Vrydag op aanklag van ontvoering in die Mosselbaai-landdroshof verskyn.
Die verdagtes bly in aanhouding en sal weer op 27 Desember in die hof voorkom.
Mosselbaai-GKS se ondersoek in die saak duur voort.





