Ontvoerde vrou en nog ‘n slagoffer afgelaai

Lees ook :

Foto: Specialised Security Services

OOS-KAAP. – Alize van der Merwe (39) is omstreeks 12:15 saam met nog ‘n slagoffer (34) naby Sulenkama-polisiestasie afgelaai.

AO Mhlakuvana Ndiphiwe het die nuus aan Nuusflits bevestig. Die twee slagoffers is deur ‘n wit enkelkajuit-bakkie afgelaai.

“Hul vrylating kom ná die druk wat die polisie op die verdagtes uitgeoefen het.”

Ndiphiwe sê die slagoffers is getraumatiseer en gaan eers vir mediese aandag na die naaste hospitaal geneem word. Beide is na bewering gedurende September ontvoer.

Die saak word steeds ondersoek.

Nuusflits het voorheen soos volg berig.

Mike Bolhuis van Specialised Security Services het ook bevestig Van der Merwe is veilig gevind.

*Nuusflits is intussen deur Aldiana van der Merwe, Alize van der Merwe se skoonsuster, gekontak. Sy het bevestig hulle is gevind en gered, nie afgelaai nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief