Onwettige daggawinkel toegemaak en middels gekonfiskeer

Lees ook :

Foto's: EMPD

GAUTENG. – ‘n Verdagte (46) is Dinsdag in Elsburg by ‘n onwettige daggawinkel deur die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) vir die handel in verbode middels en produkte gearresteer. Daar is op middels ter waarde van R20 000 beslag gelê.

Volgens inligting van die EMPD se dwelmteentoepassing-eenheid is ‘n lokval-operasie om 10:00 in samewerking met misdaadintelligensie uitgevoer. Wetstoepassers is na die winkel in Marestraat waar hulle ‘n man die nodige dokumentasie vir die kweek en vervaardiging van die produkte gevra het. Hy kon dit nie voorsien nie. Beamptes het tien gemerkte glasbottels met dagga, 115 voorafgerolde daggaprodukte en 38 eetbare lekkernye met ‘n geskatte straatwaarde van R20 000 gekonfiskeer.

Die verdagte is gearresteer en by die Elsburg-polisiekantoor op aanklagte van handel in onwettige middels en produkte met verbode inhoud aangehou. Hy sal binnekort in die Boksburg-landdroshof voorkom.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief