Onwettige distilleerdery toegemaak, R20 m. se drank en toerusting gekonfiskeer

Lees ook :

Foto's: JMPD

GAUTENG. – Die Johannesburgse metropolisie (JMPD) het Woensdag tydens ‘n operasie op ‘n onwettige distilleerdery aan die Wes-Rand toegeslaan. Ongeveer R20 m. in kontant, toerusting en drank is gekonfiskeer.

Supt. Xolani Fihla, woordvoerder vir JMPD, sê inligting is ontvang en ‘n operasie geloods. ‘n Ondersoek op ‘n kleinhoewe in Hekpoort het tot die ontdekking van ‘n onwettige distilleerdery waar alkohol vervaardig, botteleer en verpak word, gelei. Whisky, brandewyn, jenewer en vodka, asook vervalste etikette en verpakking is hier geproduseer.

Met aankoms op die kleinhoewe het ‘n man (45), die bestuurder en ‘n aandeelhouer van die besigheid, beamptes te woord gestaan.

Fihla sê die SAID se doeane-eenheid is na die toneel ontbied, waarna daar op altesaam R570 000 kontant, saam met masjinerie en alkohol wat na raming R20 m. werd is, beslag gelê is.

“Hierdie operasie is ‘n groot slag vir die onwettige alkoholhandel en beklemtoon JMPD se verbintenis tot die bekamping van georganiseerde misdaad. Ons sal voortgaan om nou saam te werk met ons wetstoepassingsvennote om kriminele aktiwiteite te ontwrig en die publiek te beskerm.”

‘n Verdagte is in hegtenis geneem en by die Hartbeespoortdam-polisie aangehou.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief