MPUMALANGA. – Twee Lesotho-burgers, wat vermoedelik onwettige myners is, is Vrydag met skietwonde in die Rob Ferreira-hospitaal aangetref. Beide is in hegtenis geneem.
Kol. Donald Mdhluli sê die verdagtes, 29 en 30 jaar oud, is sonder wettige dokumentasie in die land. Daar is na bewering by ‘n onwettige myn op hulle geskiet. Die twee verdagtes is onder polisiebewaking in die hospitaal. Mdhluli sê ondersoek word gedoen om die verdagtes se beweerde aandeel in die skietery vas te stel.
Nog twee Zimbabwiërs en ‘n Lesotho-burger is ook gearresteer. Binnelandse sake sal die status van al die verdagtes nagaan.