Onwettige myners in Ghana deur soldate doodgeskiet

Lees ook :

Onwettige myners in Ghana doodgeskiet deur soldate fotokkrediet: Canva

Lees ook: Chinese met 12 goudstawe in hegtenis in Republiek die Kongo

GHANA. – Sowat agt onwettige myners is in Ghana na ’n skietery met soldate dood.

Volgens die Ghana-weermag het sowat 60 onwettige myners hulle pad  ingedwing by ’n myn wat deur AngloGold Ashanti besit word. Die soldate het hulle probeer keer en ’n oor-en-weer-skietery het uitgebreek.

’n Verteenwoordiger van die myners het ontken dat hulle die skietery begin het en het gesê hulle het nie wapens gehad nie.

Die voorval word ondersoek en AngloGold Ashanti is deur die regering gevra om die mediese kostes te dek van die myners wat beseer is en die begrafniskostes van die myners wat dood is.

Bronne: BBC, Jacaranda FM, Biz Community

Lees ook: Chinese met 12 goudstawe in hegtenis in Republiek die Kongo

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief