Onwettige raffinadery ontdek

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – ‘n Onwettige raffinadery is Donderdag op ‘n plaas in die Rooiwal-omgewing, noord van Pretoria, ontdek. Vier verdagtes, vermoedelik Mosambiekse burgers, is gearresteer en vyf ton gouddraende grond is gekonfiskeer.

Kol. Katlego Mogale van die Valke sê aan Nuusflits die verdagtes, tussen 18 en 22 jaar, is deur die Valke se edelmetale-en-diamante-afdeling van die ernstige georganiseerde misdaadondersoekeenheid in Pretoria-Noord gearresteer.

‘n Multidissiplinêre span – die Soshanguve K9, hoofkantoor-intelligensie, Silverton- forensiese wetenskaplaboratorium, Pretoria-Noord- plaaslike kriminele rekordsentrum en die Valke – het op die plaas toegeslaan. Die verdagtes is op die toneel, waar dit blyk die onwettige raffinadery bedryf word, aangetref, en het vir die owerhede gevlug. Hulle is deur die honde-eenheid met behulp van die lugvleuel vasgetrek.

Buiten die gouddraende grondstof, wat nog geweeg moet word om die waarde vas te stel, het die polisie op ‘n gassillinder met ‘n brander, drie elektriese motors, ses raffinaderytenks en drie selfone beslag gelê.

Die verdagtes sal binnekort op aanklagtes op oortreding van die wet op edelmetale in die hof verskyn.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief