NOORDWES. – Altesaam 19 onwettige myners is in die Stilfontein-landdroshof vir onwettige mynery en oortreding van die immigrasiewet gevonnis.
Hulle is twee jaar tronkstraf opgelê wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is. Addisioneel is ‘n vonnis van ses maande of ‘n boete van R6 000, opgeskort vir vyf jaar, opgelê vir die oortreding van die wet op immigrasie.
Brig. Sabata Mokgwabone sê die 14 Lesotho-burgers, vyf Mosambiekers is Woensdag tot twee jaar tronkstraf, wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is, gevonnis. Addisioneel is ‘n vonnis van ses maande of ‘n boete van R6 000, opgeskort vir vyf jaar, opgelê vir oortreding van die wet op immigrasie.
Die veroordeelde beskuldigdes is deel van die onwettige myners wat gedurende November by die Margaret-skag in Stilfontein na bogronds gekeer het.
Die departement van binnelandse sake is besig met die deportasieproses van die onwettige myners.





