Oom wat peuter satanies offer lewenslank toegesluit

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Sipho Vincent Maseko (37) van Ekangala is lewenslank deur die hooggeregshof vir die moord op Nkazimulo Theodore Penga op 30 September 2020, as ‘n sataniese offerande, gevonnis. Dit was ‘n dag voor sy eerste verjaarsdag.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê die oorledene en sy ma het by sy ouma aan moederskant gebly. Op die betrokke dag van die misdaad was die ma by die werk en die peuter by ‘n oppasser, toe die oom ook by die huis van sy ma opdaag. Die oom het die oppasser gestuur om lugtyd te koop en terwyl hy alleen met die peuter was, het hy hom met ‘n tou verwurg, verskeie kere op sy bors gespring, kookwater oor die kind se gesig gegooi en daarna in bosse weggekruip.

Die oppasser het die liggaam van die kind in die bed gevind.

Maseko het sy familie gebel en met die aanhoor van die gemeenskap oor die foon het hy homself aan die polisie oorhandig en hy is sedertdien in aanhouding. Hy het op ‘n aanklag van moord met voorbedagte rade skuldig gepleit.

Maseko het aan die hof vertel hy het die kind satanies geoffer, want hy wou geld hê. Hy het beweer hy was nie homself nie, maar dat die duiwel hom oorgeneem het. Twee weke vantevore het hy die kind probeer vermoor deur hom met sy hand te versmoor, maar sê die kind het gehuil en oorleef, alhoewel die poging om hom dood te maak hom gestremd gelaat het.

In die slagofferimpakverklaring het die oorledene se ma gesê haar broer is ‘n monster en het hom as die duiwel homself beskryf. Die dood van haar kind het haar emosioneel gebreek en sy het verduidelik sy het in ‘n stadium alkohol gebruik om die pyn uit te doof, wat tot ‘n miskraam gelei het. Sy het tans weer ‘n baba en sy vrees dat so iets weer kan gebeur.

Adv. André Weilsenach, die aanklaer, het aan die hof voorgehou Maseko het geen berou getoon of ‘n verskoning aangebied nie. Hy het gesê Maseko was deur hebsug om geld te kry gedryf en het vir ‘n lewenslange vonnis gevra.

Regter Mashudu Munzhelele het in haar vonnisoplegging saamgestem en ‘n lewenslange termyn opgelê. Die beskuldigde is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit en die ma van die oorledene moet in kennis gestel word indien Maseko vir parool in aanmerking kan kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief