Oorskot gevind – moontlik slagoffer van haai-aanval in Israel

Lees ook :

Oorskot gevind - moontlik van slagoffer van haai-aanval in Israel fotokrediet: X

ISRAEL. – Die oorskot van ’n swemmer, moontlik die een wat Maandag deur ’n haai in Hadera, Israel, aangeval is, is gevind.

Lees ook: Man vermis na haaiaanval in Israel

Die oorskot is na die nasionale sentrum van forensiese medisyne in Tel Aviv gestuur om amptelik ondersoek en identifiseer te word.

Die man, ’n pa van vier, is Maandag doelbewus na Olga-strand, waar swem verbode is, om saam met die haaie in die see saam te swem. ’n Vriend het getuig die man wou saam met die haaie swem omdat hy ’n haai-entoesias is. Kort na hy die water ingegaan het, het hy begin skree: “Help, hulle byt my!” voor die water om hom rooi geraak het en hy verdwyn het.

Owerhede het mense in Israel weer daaraan herinner om weg te bly van haaie, wat ’n beskermde spesie is.

Bronne: The Sun, Daily Mail, The Mirror

Lees ook: Man vermis na haaiaanval in Israel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief