VRYSTAAT. – Nadat die ontbinde oorskot van ‘n man, sonder oor, met brandmerke en sambokwonde in ‘n veld by die ou Thaba Nchu-lughawe gevind is, is ‘n soektog na verdagtes geloods.
Sers. Mahlomola Kareli sê die polisie is Maandag net na 18:00 na die toneel in ‘n oop veld ontbied. Met aankoms is die liggaam van die oorledene op die grond aangetref. Erge sigbare wonde is aan die liggaam, wat in ‘n gevorderde toestand van ontbinding was, opgemerk. Die oorledene het ‘n uitkenbare tatoe van biddende hande op sy regterbeen.
‘n Moordsaak is geopen. Die polisie versoek enigiemand met relevante inligting om die oorledene te identifiseer of sy naasbestaandes en/ of verdagtes op te spoor, om na vore te kom.





