Oorskot van familie opgegrawe, man vas

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – ‘n Man (29) is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo twee grafte, dié van sy pa en oupa, oopgegrawe het.

Brig. Donald Mdhluli sê die man is deur die Masoyi-polisie oor die voorval by ‘n begraafplaas in Swalala naby Witrivier gearresteer. Die polisie het op ‘n klagte van ‘n vrou gereageer wat by die polisiestasie rapporteer het dat ’n man twee aangrensende grafte oopgegrawe het. Die grafte is dié van sy pa en oupa wat in 2010 begrawe is. Polisiebeamptes het met hulle aankoms by die begraafplaas bevestig dat die grafte inderdaad versteur is. Die verdagte is by sy RDP-huis in Swalala aangetref en is onmiddellik in hegtenis geneem. Die verdagte is van grafskending aangekla.

Mdhluli sê die verdagte sal na verwagting vandag in die Masoyi-landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort.

Daar is voorheen verkeerdelik berig die man is saam met die beendere, vermoedelik uit die grafte, op sy bed aangetref. Dit blyk volgens korporatiewe kommunikasie by monde van brig. Mdhluli van die SAPD foutief te wees.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief