OOSTENRYK. – Oostenryk het hoofbeddekings vir meisies onder 14 jaar in skole met ‘n wet verbied.
Lees ook: Nuwe Iranse president belowe moraliteitspolisie sal nie meer vrouens ‘pla’ nie
Die konserwatiewe geleide koalisie van drie partye, die ÖVP, die SPÖ en Neos, het gesê die wet om hoofbeddekings te verbied, is ‘n “duidelike verbintenis tot geslagsgelykheid”. Daar is kritiek dat die verbod die anti-Moslem gevoel in die land kan vererger en ongrondwetlik kan wees.
As ‘n meisie ‘n hoofbedekking wil dra, moet hulle dit met die skoolowerhede en hulle voogde bespreek. As die meisie gereeld die wet oortree, gaan ‘n jeugagenstkap in kennis gestel word, waarná families en voogde beboet kan word.
Lede van die regering het gesê dit is om meisies “mag te gee” en teen “onderdrukking te beskerm”.
Die amptelike Islamitiese gemeenskap in Oostenryk het gesê die wet oortree hulle regte en hulle gaan die “grondwetlikheid van die wet nagaan en alle nodige stappe neem”.
Bronne: BBC, Euronews, Gulf News
Lees ook: Nuwe Iranse president belowe moraliteitspolisie sal nie meer vrouens ‘pla’ nie





