GRAZ, OOSTENRYK. – Volgens die polisie in Graz is planne vir ’n bomaanval, ’n selfdoodbrief en video, asook ’n pypbom wat nie werk nie, by die huis van die verdagte in gister se skoolskietery gevind.
Lees ook: Sowat tien mense oorlede in Oostenryk skoolskietery
Die verdagte (21) was ’n voormalige leerling by die hoërskool Dreierschützengasse, waar die skietery plaasgevind het. Hy het kort na die aanval in die skool se badkamer selfdood gepleeg.
Tien persone is in die aanval dood en 11 is beseer. ’n Onderwyser en nege leerlinge tussen 14 en 17 jaar is in die aanval dood.
Die polisie het gesê die rede vir die aanval is onbekend, maar word ondersoek.
Bronne: BBC, Sky News, The Independent
Lees ook: Sowat tien mense oorlede in Oostenryk skoolskietery





