OVERSTRAND. – Die openbare hersieningstydperk vir die publiek se kommentaar oor die voorgestelde Eskom-kernkragstasie van tot 5200 MW is tot 25 Mei 2026 verleng. Dit volg ná versoeke van belanghebbendes en die publiek.
Volgens die Overstrand-munisipaliteit word die projek beplan by Thyspunt (Kouga, Oos-Kaap) en Bantamsklip (Overstrand, Wes-Kaap), onder aansoekverwysing DFFE Ref: 14/12/16/3/3/2/2806. Die verlenging bied meer tyd vir insette oor die konsepverslag.
Virtuele vergaderings vind plaas op 28 April (18:00–20:00) en 29 April (15:00–17:00) via Microsoft Teams.
Die verslag is aanlyn beskikbaar en kan ook by plaaslike biblioteke, onder meer in Hermanus, Stanford en Gansbaai, besigtig word.
Belanghebbendes en die publiek word aangemoedig om van die geleentheid gebruik te maak om kommentaar te lewer.
Bron: Overstrand-munisipaliteit





