VSA. – Jubilant Sykes (71), bekende operasanger, is Maandagaand in sy huis in Los Angeles met ‘n mes doodgesteek, vermoedelik deur sy seun Micah (31).
Lees ook: Vliegtuig tref motor in pad tydens noodlanding
Sykes se vrou het die polisie geskakel en gesê haar seun is besig om haar man aan te rand. Die polisie het Sykes met lewensgevaarlike beserings gevind en hy is op die toneel dood verklaar.
Micah is op die toneel vir die moord in hegtenis geneem. Hy het glo ‘n geskiedenis van geestesgesondheidsprobleme.
Die motief vir die moord is onbekend.
Bronne: The Independent, USA Today, New York Post





