Opod ondersoek dood van vrou in Rosedale-aanhoudingsel

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

NOORD-KAAP. – Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die dood van ’n 57-jarige vrou wat Woensdag 3 Desember in ’n aanhoudingsel by die Rosedale-polisiekantoor in Upington dood aangetref is.

Luidens ‘n verklaring van Lizzy Suping, Opod-woordvoerder, is die polisie omstreeks 04:15 deur ’n lid van die gemeenskap ingelig dat ’n persoon op die sypaadjie in Bakenskopstraat lê. Beamptes is na die toneel waar ’n onbekende vrou op die sypaadjie aangetref is. Sy het nie reageer nie en is na die polisiekantoor geneem, waar sy in ’n sel aangehou is. Tydens ’n selinspeksie omstreeks 06:10 dieselfde oggend het die vrou steeds nie gereageer nie. Nooddienste is ontbied en het haar dood verklaar voordat sy na die plaaslike lykshuis geneem is.

Opod is dieselfde oggend kort ná 07:00 van die voorval in kennis gestel. Die vrou het glo uitwendige beserings gehad. Die ondersoek duur voort. ’n Nadoodse ondersoek sal binnekort gedoen word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief