Orania reageer op EFF se eise oor Orania se bestaansreg

Lees ook :

Orania reageer op EFF se eise oor Orania se reg op bestaan fotokrediet: Facebook

Die Orania-leierskap het in ’n plasing op Facebook reageer op die EFF se betoging die week by die Noord-Kaapse premierskantoor om te eis dat Orania se reg om te bestaan hersien word.

Lees ook: EFF se Noord-Kaap-leier wil eerste swart inwoner van Orania wees

In die Facebook-plasing het Orania gesê die EFF eis baie dinge en dat Orania “nie eis nie en nie smeek nie”. Daar is ook gesê dat Orania mense “aanmoedig om te bou” en dat Orania “self gebou het aan ons skole, ons kollege, ons sonkragstelsels, ons dienslewering en meer! Hoe gaan die sogenaamde ‘val’ daarvan die EFF bevoordeel?”.

In die plasing sê Orania dat dit bestaan kragtens artikel 235 van die grondwet en dat dit wettig is.

Die EFF is Dinsdag na die premier se kantoor om te eis dat Orania se bestaansreg hersien word en die leier van die EFF in die Noord-Kaap het gesê hy gaan die eerste swart persoon wees wat in Orania bly. Shadrack Tlhaole het ook gesê as iets nie gedoen word aan Orania nie, sal daar spanning tussen wit en swart in Suid-Afrika wees.

Bronne: Facebook

Lees ook: EFF se Noord-Kaap-leier wil eerste swart inwoner van Orania wees

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief