Oscar Pistorius kry parool

Lees ook :

Foto: Op lêer

Oscar Pistorius, wat reeds die helfte van sy vonnis, wat hy vir moord uitdien, in die tronk deurgebring het, het vandag gehoor hy sal op 5 Januarie 2024 op parool kan gaan.

Pistorius, eens wêreldwyd bekend as ‘n lemnaelloper, is gevonnis nadat hy vir Reeva Steenkamp, sy modelvriendin, op Valentysdag 2013 volgens sy getuienis vir ‘n inbreker aangesien en haar deur ‘n toe toiletdeur geskiet het. Steenkamp het tydens die skietvoorval gesterf.

Die saak het plaaslik sowel as internasionaal aandag geniet.

Pistorius wag reeds ‘n geruime tyd om te hoor of hy op parool vrygelaat sal word. Hy het hom intussen tot die konstitusionele hof gewend waar beslis is hy was reeds in Maart geregtig om vir parool in aanmerking te kom.

Hy het vandag na ‘n paroolsitting deur die departement van korrektiewe dienste uiteindelik gehoor dat hy op parool vrygelaat word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief