Oud-Bok-breier se saak uitgestel

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Die saak teen ‘n voormalige Springbok-afrigter is deur die Malmesbury-landdroshof tot 19 Junie uitgestel.

Eric Ntabazalila, sê die saak is vir verdere ondersoek uitgestel.

Nuusflits het op 25 Maart soos volg berig:

WES-KAAP. – ‘n Voormalige Bok-breier het verlede week op twee aanklagte van poging tot seksuele aanranding, asook crimen injuria in die Malmesbury-streekshof verskyn.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê die saak is vir ‘n slagofferimpakverklaring en ‘n SAP 69-rekord van die SAPD se kriminelerekordsisteem tot 15 Mei uitgestel.

Die SAP 69 van die polisie behels ‘n oortreder se misdaadrekord en sluit inligting van die misdaad, die datum van skuldigbevinding asook die vonnis wat opgelê is, in.

Nuusflits het op 6 Februarie berig ‘n voormalige Springbok-rugby-afrigter, is weens ‘n beweerde klag van seksuele wangedrag van alle party-aktiwiteit van die GOOD- politieke party geskors.

Brett Herron, GOOD se sekretaris-generaal en lid van die parlement, sê in ‘n verklaring die klagte is van ‘n partylid ontvang. Hy sê voorts die grondwet geld vir almal ongeag watter posisie die persoon beklee.

Herron sê die skorsing is nie ingestel omdat die persoon skuldig bevind is nie; die aksie reflekteer die erns van die beweringe.

‘n Dissiplinêre proses sal gevolg word en die party sal vir eers nie verder oor die insident kommentaar lewer nie.

Met navraag by die polisie in die Wes-Kaap het lt.kol. Malcolm Pojie dit duidelik gemaak ‘n verdagte kan slegs geïdentifiseer word wanneer hy/sy aangekla en in die hof verskyn het om te pleit.

Pojie het wel bevestig ‘n seksuele aanrandingsaak word deur Vredenburg-GKS (eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings) ondersoek, maar het pertinent nie ‘n naam genoem nie.

Nog geen inhegtenisnemings is gemaak nie.

“No further details with regards to the case will be discussed,” het Pojie die navraag afgesluit.

Lees die polisie se volledige kommentaar hier onder:

We are not at liberty to divulge any details of suspect or accused unless he/she has appeared in court after being charged. In sexual related cases the names of an accused cannot be released until the accused had pleaded.

Be advised that Vredenburg Family Violence, Child Protection and Sexual Offences unit is investigating a case of sexual assault. No one has been arrested yet and no further details with regards to the case will be

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief