Brekende Nuus
Nuus

Oud-onderwyseres tronk toe nadat sy geboorte gee aan 12-jarige se baba

Foto: Exhuming the Truth

WES-AUSTRALIË. – Naomi Tekea Craig (34), ‘n voormalige musiekonderwyser, is Dinsdag 17 November in die Perth-distrikshof tot agt jaar en ses maande gevangenisstraf gevonnis nadat sy op 12 aanklagte van seksuele misdrywe teen ’n kind skuldig gepleit het. Die seun was 12 toe die misbruik in Augustus 2024 begin het. Craig het in Januarie 2026 geboorte geskenk en DNS-toetse het volgens hofberigte bevestig dat die seun die kind se biologiese pa is.

Staatsaanklaer Mark Nicol het aan die hof gesê Craig het die seun in 2023 ontmoet toe sy musiek by ’n skool in Mandurah aangebied het. Sy het bevriend geraak met sy familie en kontak met hom behou nadat hy van skool verander het. Die misbruik het sowat 16 maande geduur. Dit het in Desember 2025 aan die lig gekom toe sy ma beeldmateriaal van ’n veiligheidskamera in die gesin se huis nagegaan en die polisie ontbied het. Craig is dieselfde dag in hegtenis geneem.

Regter John Prior het Craig se optrede as ’n ernstige vertrouensbreuk beskryf. Sy sal ná ses jaar en ses maande vir parool in aanmerking kom. Die hof het ook ’n lewenslange bevel uitgereik wat haar verbied om die seun te kontak.

Bronne: ABC News Australia, news.com.au, 7 News Perth,